BRANDEWYNSOUS
Ek het hierdie sous lank terug afgeskryf iewers en ek weet nie by wie nie, maar ek het dit weer vandag gemaak en dit is ‘n heerlike Brandewynsous om sommer saam met kerspoeding of vrugtekoek te bedien. Geniet hom hy is heerlik.
- ¼ koppie sagte botter
- 2 eetlepels brandewyn of na smaak
- 2 eiers, geskei
- 1 koppie strooisuiker
- ½ koppie room
- 1 teelepel karamel geursel, opsioneel
Klits die eierwitte styf en plaas eenkant.
Klop botter tot romerig en gooi strooisuiker geleidelik by, klits na elke byvoeging.
Voeg brandewyn stadig by (na smaak,) en meng deur.
Voeg geklitste eiergele by en dan die room, meng goed.
Kook in die mikrogolf en roer elke 30 sekondes vir ongeveer 2 – 3 minute tot dit lyk soos dik vla.
Klits baie goed en voeg sous by eierwitte tewyl jy heeltyd roer.
Plaas in ‘n houer, en roer gereeld terwyl die sous afkoel.
Bedien saam met poeding teen kamer temperatuur of koud.
Resep aangepas deur Rina Kleinhans
Foto: Rina Kleinhans