Your Recipe Blog

BRANDEWYNBOMME

Recipe by
| Servings: ongeveer 90 bomme

BRANDEWYNBOMME

As dit reën, dan bak en brou ons maar. Hierdie is ‘n gunsteling in my huis en jy dit kan maar heel agter in yskas wegsteek, dit verdwyn vinnig.

  • 2 pakke Tennisbeskuitjies, fyn gerol
  • 500 ml fyngekapte pekanneute
  • 200 g melksjokolade, in stukkies gebreek
  • 100 ml gouestroop
  • 150 ml brandewyn
  • versiersuiker om balle in te rol

Plaas sjokolade en stroop in ‘n bak en mikrogolf vir 2 min teen 50% tot gesmelt. Roer goed tot glad.
Voeg beskuitjies, neute en brandewyn by. Meng goed saam.
Vorm okkerneut grootte balle en rol dan in die versiersuiker.
Bêre in lugdigte houer in die yskas.
Na ‘n week is dit eers lekker.

Resep en foto: Lettie van der Merwe

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page