Your Recipe Blog

BRANDEWYN GEMARINEERDE ELAND RUGSTRING BIEFSTUK

BRANDEWYN GEMARINEERDE ELAND RUGSTRING BIEFSTUK

  • 4 x 250 g Eland rugstring biefstukke
  • 50 ml brandewyn
  • 50 ml olyfolie
  • 25 ml Worcestersous
  • sout en gemaalde swartpeper
  • soetrissie sous (sweet chilli sauce)

Geur die biefstukke met sout en gemaalde swartpeper en laat staan vir sowat 20 minute.
Meng die res van die bestanddele saam, behalwe die soetrissie sous en bedek die biefstukke met die marinade in ‘n bak. Marineer vir ten minste 1 uur en draai elke 15 minute om.
Braai die biefstukke op warm kole vir 3 minute aan ‘n kant.
Bedruip die biefstukke met die marinade terwyl dit braai.
Moenie die vleis van die kole verwyder as dit as gevolg van die sous aan die brand slaan nie.
Laat rus vir 5 minute.
Sny op en bedruip met soetrissie sous.

Nota:
Biefstukke kan ook in die pan gebraai word soos op die vuur.

Resep en foto: Johan Rossouw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page