Your Recipe Blog

BRANDEMINT ELLIS TERT POEDING

Recipe by
Cook: 30 min.

BRANDEMINT ELLIS TERT POEDING

  • Vir die koeklaag:
  • 60 ml botter, gesmelt
  • 250 ml suiker
  • 4 eiers
  • 5 ml bakpoeier
  • 2.5 ml sout
  • 60 ml melk
  • 5 ml vanilla
  • 250 ml koekmeel
  • Vir die sous:
  • 125 ml botter
  • 1 blikkie ingedampte melk
  • 250 ml suiker
  • 60 ml sterk koffie poeier
  • 160 g Cadbury peppermint sjokolade, in blokkies gebreek
  • 1 blikkie brandewyn (die melk se blikkie)
  • Vir die bolaag:
  • 250 ml room
  • 1 pakkie kitspoeding, karamel
  • 250 ml melk
  • 1 blikkie gekookte kondensmelk
  • 160 g Rowntree Peppermint Crisp, fyngestamp

Voorverhit die oond tot 180°C.
Meng die bakpoeier en sout met die suiker. Breek die eiers by en klirs tot skuimerig. Voeg die melk en vanilla by en klits goed. Terwyl jy klits voeg nou die botter by. Laastens meng die meel by.
Giet in ‘n tertbak en bak vir 30 minute tot bruin en gaar.

Terwyl die koeklaag bak, maak solank die sous.
Sit al die bestanddele vir die sous, behalwe die brandewyn, in ‘n souspan en verhit stadig tot die suiker, botter en sjokolade gesmelt is.
Haal die koek uit die oond. Roer die brandewyn by die sous in. Giet alles oor die koeklaag en laat dit in suig.

Maak die pakkie karamel kitspoeding aan met die melk. Klop die room tot styf.
Skep die kitspoeding by en klits nog. Skep die blikkie gekookte kondensmelk by en klits goed.
Voeg die fyngemaakte peppermint crisp by en roer goed deur.

Skep alles bo-op die tert poeding en versprei egalig.
Plaas tert-poeding in yskas om goed koud te word.

Lekker!

Foto en resep: Wayne Dugmore

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page