BRAND RISSIESOUS
Hierdie rissiesous het ‘n lekker brandsmakie.
Daar is baie verwerkings van hierdie rissiesous maar die een is die beste, glo my!
- 100 g brandrissies (groen), stingels verwyder en gewas
- 4 groot uie, geskil en gekap
- 1 knoffelbol, geskil
- 750 ml tamatiesous (goeie maak)
- 1 groot blik appelkooskonfyt
- ¼ koppie kookolie
- 1 koppie bruinasyn
- 2 teelepels rissiepoeier
- 2 teelepels gemengde speserye
- 2 eetlepels mosterdpoeier
- 2 desertlepel sout (12.5 ml)
- 2 desertlepel gemmerpoeier (ek het ‘n 40 mm stuk vars gemmer gerasper)
Kap/maal/verwerk al die groente tot ‘n puree.
Plaas al die bestanddele in ‘n pot en bring tot kookpunt.
Kook tot gaar en dik.
Giet in gesteriliseerde flesse en verseël.
Belangrik:
Stamp die bottels voor dit verseël word om luglasies te verwyder.
Resep geplaas deur Piet Pompies
Foto: Piet Pompies