Your Recipe Blog

BRAMEN/FRAMBOZEN KONFYT

BRAMEN/FRAMBOZEN KONFYT

Rina het my gevra om my resep te deel. Die suiker wat gebruik word kan online gekoop word. (dink sy het die link vir julle)
Die vrugte van my konfyt pluk ek vars en vries dit dan in 500 g porsies.
Die suiker kry mens in 3 verskillende 1:1/1:2/1:3
  • 1,5 kg vrugte
  • gelei suiker – in verhouding 1:1 (ek het 1:3 gebruik, minder soet)

Voeg vrugte en suiker in ‘n kastrol, laat oor lae hitte sag word. Sodra dit sag begin word, het ek met my staafmenger deur geroer. Framboos fyn en die bramen redelik fyn ( dus nog stukkies in).
Kook dit op laag en roer af en toe, skep skuim af as daar is.
Dit duur ongeveer (afhangend van watter suiker jy gebruik) 10 tot 20 minute.
Doen die lepel toets. Haal die agterkant van ‘n metaal lepel deur die konfyt, vryf met jou vinger oor dit – pasop dis warm! (sien foto) as dit nie meer “loop” nie is jou konfyt reg.
Giet in gesteriliseerde bottels, seël dadelik en draai op sy kop neer tot afgekoel.

Resep en foto: Elzetna De Bruin

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page