Your Recipe Blog

BRAAISPESERYE

BRAAISPESERYE

Al die jare het ek ‘n spesiale mengsel vir my vleis.

  • 1 kg braaivleis speserye
  • 1 kg steak en tjops speserye
  • 1 kg 6 Gunspice
  • 1 kg hoender speserye

Meng die speserye in ‘n groot houer met ‘n lugdigte deksel, dit hou vir maande in ‘n lugdigte houer.
Ek hervul net elke keer my speserye botteltjie met die speserye.

Nota:
Gebruik saam met koljander of ander kruie bv: tiemie, roosmaryn, oreganum, ens.
Gebruik die speserye ook om vleis vooraf in te vryf.
Jy kan kleiner hoeveelhede van die speserye per keer aanmaak ook, maar ons op die platteland koop in grootmaat.
Die speserye werk by enige vleise, met wildsvleis voeg ek gebreekte koljander en paar heel naeltjies by.
Wanneer ek dit gebruik vir skaapboud, voeg ek roosmaryn, tiemie of kruie van keuse by, dit is net so lekker met hoender ook.

Resep en foto: Alta Gunter Van Dyk

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page