Your Recipe Blog

BRAAIHOENDER

Avatar photo
Recipe by
Cook: Ongeveer 1 uur

BRAAIHOENDER

  • 1 heel hoender
  • sout en peper na smaak
  • 2 uie, gekap
  • 30 ml heuning
  • sap van 1 suurlemoen
  • 125 ml tamatiesous
  • 125 ml blatjang
  • 15 ml Worcestersous

Voorverhit oond tot 180°C.
Halveer die hoender deur die borsbeen sowel as ruggraat te sny sodat jy ‘n plathoender het.
Geur met sout en peper, en plaas in oondbak, velkant na bo.
Soteer die ui in bietjie olie tot sag. Meng met res van die bestanddele. (Ek blend myne tot fyn, met ‘n blender).
Smeer oor die hele hoender. Maak die hoender toe met foelie en bak vir 45 minute lank.
Haal die foelie af en bak nog 15 minute lank of tot gaar.

Resep en foto: Amanda Austen

2 Reviews

  1. Brigitte

    Hallo Marieka,
    Ek is baie onder die indruk van jou recepte! Woon al 30jr in Holland maar mis daai heerlike SA recepte.
    Jou keuses op die blog is spot-on!
    Ek gaan butter chicken vir my seun maak hierdie naweek…nogmaals dankie vir jou posts op hierdie blog.
    Groete,
    Brigitte

    Star
    • Hi Brigitte, baie dankie vir jou terugvoer, ek is baie bly jy geniet die resepte. Marika is maar net die admin wat die resepte vir ons stoor, die persoon wie se heerlike resepte dit is, se naam staan onder aan die resepte, maar ja ons blog het werklik heerlike getoetste resepte en dit is lekker om te hoor dat julle selfs in Holland dit geniet.
      Groete
      Rina Kleinhans

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page