Your Recipe Blog

BRAAI PIZZA

Recipe by
Cook: 15 minute

BRAAI PIZZA

  • 4 gevriesde Dr Oetker pizza basisse
  • 2 medium uie, in kwarte gedeel en dan in 5 mm stukkies gesny
  • 4 eetlepels botter
  • 250 g sampioene, in 5 mm skywe gesny
  • 4 eetlepels gesoute botter
  • 500 g spekstukkies “bacon bits”
  • 2 wiele Feta kaas
  • 200 g Gouda kaas, dun gerasper
  • Mozzarella kaas, opsioneel
  • Tabasco sous

Terwyl die pizza basisse halfpad ontvries, braai die uie in 2 eetlepels botter tot gaar en sag, skep uit en hou eenkant.
Braai die sampioene in dieselfde pan in die ander 2 eetlepels botter tot half gaar, skep uit en hou eenkant.
Braai die spekstukkies in dieselfde pan tot gaar.
Plaas 2 pizza basisse  op die werksoppervlak, pak die uie, dan die spek en sampioene oor die twee pizzas.
Krummel die Feta kaas oor en strooi die gerasperde Gouda kaas oor. Mozzarella kaas kan ook bygevoeg word indien verkies.
Skud so paar druppels Tabasco sous op die ander 2 basisse en smeer.
Sit dit dan bo-op die twee gevulde basisse (soos ‘n toebroodjie).
Pak op ‘n toeknyp rooster en braai oor stadige kole  vir so 15 minute. Draai elke 3 minute om.

Resep en fotos: Pieter Ackermann

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page