Your Recipe Blog

BRAAI PIE IDEES

BRAAI PIE IDEES

  • 1 middelslag kopkool, fyngekerf
  • 1 middelslag ui, gekerf
  • sout en peper, na smaak
  • 1 blik boeliebief, fyn gemaak
  • 250 ml DIK witsous
  • 1½ koppie geraperde Cheddar kaas
  • 1 pakkie baie fyngesnyde spek
  • 2 rolle skilferkorsdeeg

Kook kool en ui in min water vinnig tot sag. Geur en voeg vleis by. Roer kaas en witsous deur.
Rol 1 rol deeg oop, strooi helfte spek oor en skep koolmengsel eweredig op. Laat so 2 cm rand rondom oop vir vasdruk. Strooi ander helfte spek op en sit ander vel deeg b0-op.
Seël kante deeglik. Hou in die yskas tot dit op die kole gaan, dit help beslis.
Sit op rooster, braai op matige kole en geniet.
Resep: Anna Venter

HAMBURGER BRAAI PIE
Enige ekstra soos bv spek, pynappel, kan by gevoeg word.

  • 2 rolle skilferkorsdeeg
  • 2 groot uie in ringe, braai goudkleurig
  • paar hamburger patties, braai in pan
  • paar snye tamatie
  • sampioene, gekerf en gebraai
  • agurkies, opsioneel
  • geprosseseerde kaas vir hamburgers

Rol een rol deeg af en plaas gaar afgekoelde patties op die deeg, plaas gaar uie en snye tamatie bo- op, asook sampioene en agurkies.
Maak ‘n sous van jou keuse bv. Sampioensous, Kaassous, Monkey gland, of Pepersous, Bloukaassous. ens. of die volgende sous:

  • Sous – meng die volgende:
  • 1 koppie tamatie sous
  • ½ koppie mayonnaise

Smeer bo-oor die vulsel op die deeg.
Pak die hele oppervlak toe met geprosesseerde kaas velletjies.
Plaas boonste deeg op en seël die kante goed en braai.
Resep: Yvonne Jones

HOENDER BRAAI PIE

  • spinasie blare
  • gebraaide hoender borsies
  • gekarmaliseerde uie
  • spek
  • sampioene
  • Feta en Cheddar
  • 2 rolle skilferkorsdeeg

Volg die metode soos bo.
Resep en foto 2: Mark Maddock

Gerda Esterhuizen
Nutella, kersies, neute en malvalekker, heerlik vir poeding

Lorraine Maree
Ons kook hoender borsies. Dan pak ons eerste heel rou spinasie blare, dan uie, gesnyde sampioene, dan gevlokte hoender. Dan herhaal met kaas tussen lae. Gereelde wenner by ons.

Shanna Ball
Garlic, spinach, Feta and pepperdews. It’s delicious

Hoof foto:  Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page