Your Recipe Blog

BRAAI BEDRUIPSOUS / BRAAI BASTING SAUCE

BRAAI BEDRUIPSOUS / BRAAI BASTING SAUCE

Resep en foto’s:  NM Swanepoel
Soos met baie van my resepte pas ek maar aan tot ek tevrede is.
Die sous ruik en smaak heerlik by ‘n braai. Moet nie skaam wees om ‘n botteltjie sous en smeer kwas saam te vat indien jy by ander mense braai nie.

  • 250 ml tamaties sous, goeie kwaliteit
  • 100 ml kookolie
  • 100 ml witsuiker
  • 30 ml witasyn
  • 10 ml knoffel
  • 10 ml oreganum, droog
  • 5 ml tiemie, droog
  • 10 ml roosmaryn, vars
  • 2 rooi brandrissies, opgesny
  • Meng alles saam terwyl aanhoudend roer en bring tot kookpunt. Verlaag hitte en roer tot die mengsel nie meer skei nie.
  • Koel af en gooi oor in ‘n gesteriliseerde bottel en hou in die yskas tot gebruik. Skud goed voor gebruik.
  • Braai jou hoender, vleis of jou groente sosaties eers ‘n rukkie en smeer dan die bedruipsous bo oor.
  • Pasop vir aanbrand en draai maar gereeld om. Eet dadelik as die vleis van die rooster afkom.

Notas:
* Ek gebruik vars roosmaryn uit my tuin want ek hou niks van die stokkerige droë roosmaryn nie.
* Die mengsel hou redelik in die yskas as dit toegemaak is.
* Indien ek tyd het maak ek eers die olie apart warm, net effens, en gooi die knoffel, oreganum, tiemie, roosmaryn en rissies daarin. Ek laat dit afkoel en laat staan vir ‘n paar ure en kook dan saam met die ander bestanddele.
* Vervang die wit suiker met bruin suiker vir ‘n effense ander smaak.
* Die sous is ‘n soeterige branderige sous, maar brand nie te veel nie.
* Verlaag die suiker inhoud en verhoog die asyn indien jy meer van ‘n suurder braai sous hou.
Gebruik nog jou sout soos normaal by ‘n braai.
Nota oor foto’s:
Die fotos is ‘n kleinerige braai kuiken en groente sosaties met aartappel, uie, soet groenrissie en spek op sosatie stokkies. Die aartappel het ek gaargekook voor die tyd en die uie en soet groen rissie net effens gekook.

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page