Your Recipe Blog

BRAAI ASPERSIES

BRAAI ASPERSIES

Maklikste ding ooit en die aspersies het so effense soetheid ontwikkel van die braai. Was heerlik saam met gevulde paprika-rissies, braaibroodjies en ‘n sagte vark fillet.

  • 2 bondeltjies vars aspersies (daar is omtrent 5 tot 6 stingels per bondel)
  • bietjie water (om aspersies in pannetjie te stoom)
  • 2 eetlepels botter
  • sap en skil van halwe suurlemoen
  • sout en suurlemoenpeper na smaak
Plaas die aspersies in ‘n pannetjie op die stoof en bedek net-net met bietjie water om te stoom.
Wanneer die water verdamp het, voeg die botter by en roer deur.
Voeg die sap, sout en peper by en roer deur, laat dit vir so 3 minute vriendelik raak in die pannetjie.
Plaas die aspersies uit die pan uit oor na die braai en laat dit so 5 tot 10 minute oor matige kole gaan, terwyl jy gereeld draai.
Plaas terug in jou pannetjie en roer weer om seker te maak die botter wat oor was in die pan bedek al die aspersies mooi.

Resep en foto:  Karen S Homan

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page