BOTTERVERSIERSEL MET EIERWIT
Resep en foto: Dassie Meyer
- 250 g sagte wit stork margarien
- 1 eierwit
- 1 teelepel karamel geursel
- 500 g versiersuiker
- Klits alles saam, behalwe die versiersuiker, totdat dit goed gemeng is.
- Voeg dan die versiersuiker by.
- Klits vir ongeveer 5 minute of tot ‘n gladde tekstuur.
- Gebruik en kleur soos verkies.
- Nota:
- Die blou koek kan jul bo die wit sien, dit is spierwit.
- Die versiersel vries ook baie lekker.
Category:












