BOTTERSKORSIESOP MET SPEK
Ek het onlangs die sop gemaak. Dit was uit die boeke uit lekker.
- 2 uie, opgekap
- 3 knoffeltoontjies, opgekap
- 1 pakkie spekblokkies, opsioneel
- botter vir panbraai
- 10 ml medium kerriepoeier
- 3 medium aartappels, opgekap
- 1,5 kg botterskorsies, opgekap
- 2 Granny Smith appels, opgekap
- 3 blokkies hoenderekstrak, opgelos in bietjie water
- genoeg water om die bestanddele te bedek
Verhit botter in pan op die stoof en braai die uie, knoffel en spek oor matige hitte.
Wanneer die uie lekker bruin gebraai is, voeg die kerriepoeier by en braai ‘n verdere 5 minute.
Gebruik ‘n groot genoeg pot en voeg die gebraaide uiemengsel met die res van die bestanddele in die pot.
Giet genoeg water oor die bestanddele totdat dit bedek is met die water.
Bring die bestanddele tot kookpunt en kook tot sag.
Verwyder die pot van die hitte en verwerk die sop tot fyn met ‘n “blender stick”.
- Meng in ‘n aparte beker:
- 1 pakkie hoender noedelsoppoeier met bietjie water gemeng (ek sif die noedels uit)
- peper na smaak
- sout na smaak
- 2 lemoene se sap, uitgedruk
- 2 eetlepels gerasperde lemoenskil
- 150 ml koekmeel
- 200 ml room
- 250 ml ekstra room, hou eenkant vir laaste
Giet die mengsel by die gekookte botterskorsiemengsel in die pot en kook vir 10 minute op lae hitte.
Roer deurentyd sodat die sop nie aanbrand nie.
Verwyder die pot van die stoof en roer die ekstra room by die sop.
Geniet dit!
Nota:
Ek het ‘n 9 liter pot gebruik. Ek maak grootmaat om bakkies vol te vries vir die lui aande.
Resep en foto: Madri Opperman