Your Recipe Blog

BOTTERSKORSIE-, WORTEL- EN SOETPATATSOP MET LEMOENSAP EN KLAPPERMELK

BOTTERSKORSIE-, WORTEL- EN SOETPATATSOP MET LEMOENSAP EN KLAPPERMELK

  • 2 medium botterskorsies
  • 2 soetpatats
  • 4 groot wortels
  • 1 medium ui
  • 2 teelepels kerriepoeier*
  • 3 teelepels gerasperde vars gemmer
  • 500 ml vars lemoensap
  • 500 ml hoenderaftreksel (2 blokkies saam met die water)
  • blikkie klappermelk

Braai gekapte uie in bietjie olyf olie
Meng die kerriepoeier en fyn gerasperde gemmer by en braai liggies vir 3 min (as dit lyk of dit gaan vassit onder voeg bietjie meer olie by).
Voeg al die groente wat in stukke gesny is by en roer deur die uiemengsel.
Giet lemoensap en hoenderaftreksel by en kook tot die groente sag of stoom vir 30 min.
Maak dit fyn met ‘n stick blender of plaas in vermenger.
Sit die blikkie klappermelk by en roer goed deur.
As die mengsel te dik lyk, voeg nog bietjie water by.
Bedien terwyl dit warm is. Jy kan dit garneer met stukkies gebraaide spek of gekrummelde feta kaas.
Ek bedien warm naan plat broodjies saam met dit.

Nota:
Die kerriepoeier kan uitgelaat word, dit gee net ekstra geur en effens byt aan die sop

NAAN MET KOMYNSAAD

  • 2 ½ koppies koekmeel
  • 2 teelepels bakpoeier
  • 125 ml lou warm water
  • 125 ml olyfolie
  • 1 teelepel sout
  • 2 teelepels heel komynsaad

Sif meel, bakpoeier en sout en voeg die komynsaad by.
Giet olyfolie en water by en meng goed (ek gebruik sommer my deeghak op menger).
Knie liggies vir ‘n minuut en deel deeg in ongeveer 8 – 10 gelyke hoeveelhede.
Rol elke bolletjie uit in langwerpige vorm ongeveer 5 mm dik.
Sit op ‘n gesmeerde bakplaat, sprinkel met olyfolie en growwe sout.
Bak by 200°C vir 10 minute.
Die naan bly lig van kleur bo maar die onderkante word lig goudbruin.
Bedien met die onderkant na bo.

Ander opsie:
Ek het dit gemaak presies soos my resep, vanaand net ekstra kerrie bygebraai vir ‘n ekstra spicy geur.

Naan brood resep kan ook as volg gewysig word:

  • 2 koppies bruismeel
  • 1 koppie ongegeurde jogurt or griekse jogurt
  • ½ teelepel sout
  • 1 teelepel komynsaad

Dieselfde resep kan ook gebruik word vir ‘n vinnige pizza deeg, net sonder die komynsaad.

Resep en Foto: Elsabie Templeton

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page