BOTTERSKORSIE, SPEK EN SPINASIE PASTA
- 2 pakke spek, opgesny
- 1 ui, gekerf
- 1 pak sampioene, opgesny
- 1 pak spinasie, harde dele uitgehaal en opgekerf
- botterskorsie, in blokkies
- sout, peper en origanum
- 1 liter room
- Pasta van jou keuse
Maak enige soort pasta gaar en hou eenkant.
Braai spek en gekerfde ui saam in bietjie botter.
Voeg gesnyde sampoeine en hoeveelheid botterskorsies na smaak by.
Geur met bietjie sout, growwe swart peper en origanum. Voeg die room by.
Sit die opgesnyde spinasie in die warm roomsousmengsel, meng goed deur en skep die oor pasta.
Roer goed deur en skep op.
GENIET!
Resep en foto: Jolene Harding