Your Recipe Blog

BOTTERSKORSIE MAALVLEISGEREG

Recipe by
Cook: 20 minute

BOTTERSKORSIE MAALVLEISGEREG

  • 500 g maalvleis
  • bietjie olie
  • 1 kg botterskorsie blokke
  • 250 g sampioene
  • 1 x blikkie Italiaanse style tamatie
  • speserye na smaak
  • “cocktail” tamaties
  • Feta kaas blokkies

Braai die maalvleis gaar in die olie en voeg die speserye by. Sny die sampioene op, voeg by die maalvleis en braai. Voeg Italiaaanse style blikkie tamaties by. Laat prut op lae hitte.

Kook die botterskorsie gaar in water, dreineer en druk fyn.
Deel die botterskorsie in 2 dele.
Voeg 1 deel onder in ‘n oondbak. Skep die maalvleis bo-op. Bedek met die res van die botterskorsie.
Sny ‘n paar cocktail tamaties in helfte en plaas bo-op.
Garneer met paar blokkies Feta kaas.
Bak vir 20 min teen 180°C.

Foto en resep: Leon Boetiekie Hartman

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5