Your Recipe Blog

BOTTERSKORSIE GEREG

Avatar photo
Recipe by
| Servings: 8 porsies

BOTTERSKORSIE GEREG

Julle kan die resep aanpas volgens die hoeveelheid gaste, ons was 8 mense en daar het nog baie oorgebly (lekker vir die volgende dag)

  • 2 groot botterskorsies(afhangende hoeveel mense)
  • 1 pakkie bruin uiesoppoeier
  • 500 ml melk of room
  • 1 pakkie ontbytspek
  • 1 pakkie sampioene
  • 1 groot ui

Sny botterskorsie in skywe en plaas in bak.
Braai ui, spek en sampioene saam en strooi oor die botterskorsie.
Giet melk/room by die bruin uiesoppoeier en roer.
Giet oor botterskorsie en spek mengsel.
Bak tot sag teen 180ºC (45 min tot 1 uur).
Strooi gerasperde kaas oor en bak vir so 5 minute of tot gesmelt.

Resep geplaas deur Drienie Lotz
Foto:  Drienie Lotz

One Review

  1. Retha Collett
    Wow dis soos ‘n aartappelgereg, net duisend maal lekkerder! Gaan verseker maak, jy kan my in ‘n wip vang met ‘n botterskorsie!

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page