BOTTERSKORSIE- EN WORTELKOEK
- Koek:
- 2 eiers
- 250 ml (1 koppie) sagte bruinsuiker
- 187 ml (¾ koppie) olie
- 2,5 ml (½ teelepel) vanielje
- 500 ml (2 koppies) koekmeel
- 10 ml (2 teelepels) bakpoeier
- 2,5 ml (½ teelepel) fyn kaneel
- knypie sout
- 250 ml (1 koppie) gaar botterskorsie, verpulp
- 250 ml (1 koppie) wortels, fyn gerasper
- 50 g (½ pakkie) gemengde neute, gekap
- Versiersel:
- 192,5 g (½ blik) gekookte kondensmelk
- 50 g (½ plak) donkersjokolade, gesmelt
- 625 ml (2½ koppies) versiersuiker, gesif
- 125 g (½ bakkie) laevetroomkaas teen kamertemperatuur
Koek:
Stel oond op 160 °C.
Klits eiers en bruinsuiker goed saam.
Voeg olie en vanielje by en klits goed.
Sif koekmeel, bakpoeier, kaneel en sout. Roer meelmengsel by eiermengsel tot goed gemeng.
Meng botterskorsie, wortels en neute en vou by beslag in.
Verdeel beslag in twee uitgevoerde koekpanne met 20 cm-deursnee.
Bak vir 30 min. of tot toetspen skoon uitkom.
Laat bietjie in koekpanne afkoel. Keer koeke op afkoelrakkie uit om heeltemal af te koel.
Versiersel:
Roer kondensmelk tot glad. Roer gesmelte sjokolade by.
Roer versiersuiker en roomkaas beurtelings by kondensmelkmengsel tot glad.
Versier koek soos verkies.
Mikrogolf aanpassing:
Die beslag word in twee dele verdeel vir die 2 lae en elke laag word op 80% vir 8 minute gebak.
Resep geplaas deur Adam Cloete
Foto: Adam Cloete