Your Recipe Blog

BOTTERSKORSIE- EN BILTONGSOP SAAM MET ‘N MAKLIKE BROODJIE

BOTTERSKORSIE- EN BILTONGSOP SAAM MET ‘N MAKLIKE BROODJIE

Net reg vir ʼn koue natterige Vrydag!
  • 4 klein of 2 groterige botterskorsie, in blokkies gesny
  • 1 groot ui
  • 1 eetlepel fyn knoffel
  • 2 rissies
  • 1 teelepel borrie
  • 1 teelepel paprika
  • sout en peper na smaak
  • 1 hoender aftreksel blokkie
  • 2 eetlepels “seven colours grill seasoning”
  • 200 ml room
  • 700 ml water
  • gekapte koljander
  • 200 g fyn biltong
  • sap van 1 suurlemoen of lemmetjie
  • Bakpoeier broodjie:
  • 4 koppies koekmeel
  • 8 teelepels bakpoeier
  • sout
  • 3 teelepels suiker
  • 1 koppie lou melk
  • 1 koppie water
  • ¼ koppie olie
  • 700 ml water

Broodjie:
Meng al die bestanddele deur tot stywerige deeg.
Plaas op gesmeerde plaat of in broodpan, plaas ‘n paar skywe uie bo-op en sprinkel gerasperde kaas bo-oor en bietjie rooipeper.
Bak teen 180°C vir ± 20 minute. Elke oond verskil, so hou maar ogie en toets vir gaarheid.
Heerlik!

Sop:
Meng die botterskorsie met olie en speserye en oondrooster of maak gaar in die lugbraaier vir ongeveer 10 min.
Braai ui, knoffel, rissie, borrie en paprika in ‘n pot en voeg die geroosterde botterskorsie by saam met ‘n blokkie hoender aftreksel, en ongeveer 700 ml water.
Kook tot sag en versap tot glad.
Voeg die room, gekapte vars koljander, fyn biltong en sap van 1 lemmetjie/suurlemoen by en nog bietjie water om verlangde dikte te kry.
Kook deur en geniet.

Resep en foto:  Elizabeth Haupt

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page