BOTTERSKORSIE BOTTERHOENDER
Rina Kleinhans – Ek het vandag hierdie botterhoender gemaak en dit is regtig baie lekker. Ek het net die room met klapperroom vervang en ek het net gevriesde botterskorsie gehad wat die sous bietjie dunner gemaak het, toe het ek dit net effens verdik met bietjie maizena want ek wou nie die kos langer laat kook om die sous af te kook nie. Probeer hom gerus.
- 1 teelepel medium kerriepoeier
- 1 teelepel kaneel
- 1 teelepel gemmer
- 1 teelepel paprika
- 1 teelepel masala
- 1 teelepel chinese 5 in 1 of 7 in 1 speserye
- 1 teelepel opgehoop gekerfte knoffel
- ½ koppie bruinsuiker, of na smaak
- sout en peper na smaak
- ongeveer 170 g ongesoute plaasbotter
- 1 koppie room of dik Griekse jogurt of klapperroom
- 1 blik gekapte tamaties of 1 koppie dik tamatie roomsop
- ½ botterskorsie (butternut)
- 4 kleinerige aartappels, gehalveer en vooraf gaargemaak
- vars koljander
- 1 groot rooi of wit ui
- hoender braaipak of hoenderstukke (ongeveer 10 stukke), oornag gemarineer in suurlemoensap of witwyn, meat tenderiser en olyf olie
Braai uie in olyf olie tot goud bruin.
Voeg botter by en al jou speserye insluitend die suiker.
Braai vir 1 min.
Voeg die blik tamaties by of tamatiesop by.
Kook vir so 2 min.
Voeg room of jogurt by, prut vir nog so min of twee.
Verwyder sous en meng in blender tot romerig.
Sit terug op stoof en voeg die hoender, aartappels en botterskorsie by, laat prut tot hoender sag, maar nie oorgaar nie en die botterskorsie gaar is.
Indien sous te min is, voeg nog room of botter of joghurt by.
Bedien saam basmati rys en vars koljander vir garnering.
Resep: Lelane Van Der Walt
Foto: Rina Kleinhans