BOTTERKOEK VIR FONDANT VERSIERING
My eerste eksperiment met fondant. Vir my verjaardag gemaak.
- 250 g botter
- 250 ml suiker
- 10 ml vanielje geursel
- 3 groot eiers
- 625 ml koekmeel
- 20 ml bakpoeier
- ⅔ koppie melk
Voorverhit oond tot 160°C. Smeer 2 vierkantige panne en voer met bakpapier.
Verroom botter, suiker en vanieljegeursel met elektriese klitser tot lig en donsig.
Voeg eiers 1 vir 1 by en klits goed na elke byvoeging.
Voeg helfte van die meel en helfte van melk by en meng.
Herhaal met res van die meel en melk. Skep in panne en maak gelyk.
Bak sowat 30 minute of tot gaar. Laat vir 10 minute in pan staan en keer op draadrak uit.
Nota:
Ek het die mengsel twee keer aangemaak.
Versier dan 3 lae van koek met botterversiersel, die kante ook. Plaas in yskas vir 30 minute.
Versier ook boonste laag, maar hou apart. Rol fondant uit en sit oor 3 lae.
Sit nog versierings op aan kante soos verkies.
Bedek ook aparte laag met fondant. Maak of koop strik en sit bo op.
Foto en resep: Elaine Steyn Steyn