Your Recipe Blog

BOTTERKERRIE-HOENDER

Avatar photo
Recipe by
Cook: Ongeveer 60 min | Servings: 3 - 4 porsies

BOTTERKERRIE-HOENDER

Hierdie is ‘n oondgebakte eenpot variant van hierdie gunsteling. Berei dit selfs ‘n dag vooruit en druk net in die oond. (butter chicken)

  • Marinade:
  • 1 klein houertjie gewone jogurt
  • 1 eetlepel suurlemoensap
  • 1 eetlepel gemmer
  • 1 knoffelhuisie, gekap
  • 1 teelepel borrie
  • 1 eetlepel of 2 kerriepoeier (Ek het Cape Malay gebruik)
  • sout na smaak
  • Sous:
  • 2 eetlepels botter/margarien, gesmelt
  • ½ blik tamatiepuree
  • 1 houertjie room (200 ml)
  • 2 teelepels suiker
  • sout na smaak
  • Ekstra:
  • 6 – 8 stukke hoender

Meng bestanddele vir marinade.
Plaas 6 – 8 stukke hoender in marinade en smeer goed in.
Voorverhit oond tot 180°C.
Meng alles vir sous en plaas in oondbak.
Plaas die hoender, velkant bo, bo-op die sous en skep res van die marinade op die hoenderstukke.
Bak oop vir 40 minute.
Haal hoender uit die oond en skep die  pansouse oor die hoender.
Plaas terug in oond vir verdere 15 – 20 minute.
Sit voor met koljanderblare en geel- of Basmati rys.

Resep en foto: Stef Conradie

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page