BOTTERHOENDER MET RISSIE
- 60 ml botter of kunsbotter
- 1 groot ui, opgekerf
- 1 kg hoenderborsies, in blokkies gesny
- 2 knoffelhuisies, fyngedruk
- 45 ml garam masala
- 2 groen brandrissies, opgesny
- 2 ml fyn komyn
- 2 ml fyn koljander
- 500 ml karringmelk
- 1 blik (400 g) gekapte tamaties
- 20 ml suiker
- 250 ml room
- 15 ml koekmeel
- vars koljanderblare, gekap
Verhit die botter en seël die hoenderblokkies (nie tot gaar nie).
Skep dit uit en hou eenkant.
Soteer die ui in dieselfde pan tot sag.
Voeg die knoffel en rissies by en soteer een minuut lank.
Voeg die garam masala, komyn en koljander by.
Soreer weer 1 – 2 minute lank.
Giet die karringmelk, tamaties en suiker by.
Verhit tot kookpunt en laat prut vir sowat 5 – 10 minute lank.
Ek versap die sous met ‘n stokmenger, want die karringmelk laat lyk die souse of dit skif.
Plaas die hoender terug in die sous en laat vyf minute lank prut.
Meng die koekmeel met die room en voeg by die sous, kook net vinnig deur.
Voeg die vars koljanderblare by.
Sodra die sous weer prut, haal die pan af van die hitte.
Bedien saam met rys.
Resep en foto: Amanda Austen