Your Recipe Blog

BOSMAN “SPECIAL”

BOSMAN “SPECIAL”

Elke Sondagmiddag se gekookte bord kos wat my Ma gekook het met skaapboud/ hoender/ vark/ bees, groenboontjies, pampoen/ patat, rys, gebraaide aartappel, was dit my werkie om Sondagaand met die vleisie ‘n “special” te maak. Die broodjie is ‘n kombinasie van my Ma en oorlede Pa se bestelling.

  • Begin die lae soos volg:
  • 1 sny brood met botter en Engelse mosterd
  • 1 sny brood met appelkooskonfyt
  • gemengde blaarslaai
  • dun skyfies kouevleis/hoender
  • kaas gerasper
  • tamatie, in skyfies gesny
  • rooi ui, fyn gekerf
  • groen soetrissie, in dun repies gesny
  • komkommer, in ringetjies gesny
  • growwe pienksout
  • growwe swartpeper

Begin met ‘n sny brood wat met botter en Engelse mosterd gesmeer is.
Pak dan lae met die res van die bestanddele en eindig af met die sny brood wat met appelkooskonfyt gesmeer is. Sny middeldeur en bedien.
Probeer dit gerus, dit is baie lekker.

Resep en foto: Lelane van der Walt

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page