Your Recipe Blog

BOSBESSIESOUS VIR KALKOEN (3)

BOSBESSIESOUS VIR KALKOEN

Uitdaging:  Dit was gister Thanksgiving hier in die VSA, en “cranberry sauce” is vreeslik gewild saam met die kalkoen.

  • ½ koppie heuning (of stroop)
  • ½ koppie water
  • ½ koppie lemoensap
  • knippie sout
  • 350 g bosbessies (ek het vars bosbessies gebruik)
  • 1 teelepel lemoen skil (zest)
  • ½ teelepel vanilla geursel

Meng die heuning, water, lemoensap en sout in ‘n kastrol en verhit oor matige hitte tot dit net begin kook.
Voeg die bosbessies by en roer totdat die bessies begin bars.
Verminder die hitte en laat dit stadig prut vir sowat 7 minute.
Haal van die stoof af en roer die lemoenskil en vanilla by.
Verkoel tot kamertemperatuur en bedien saam met kalkoenvleis.

Resep en foto: Debbie Edwards

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page