Your Recipe Blog

BOONTJIESOP VAN KATHU

BOONTJIESOP VAN KATHU

  • 1 kg beeskookvleis
  • 5 groot uie
  • 1 kg suikerboontjies, geweek in water vir ‘n paar uur of oornag
  • 750 ml water
  • 2 pakkies beesstert soppoeier
  • 2 blokkies beesstert aftreksel
  • 4 sakkies tamatie puree
  • 50 – 100 ml Worcestershiresous
  • 2 eetlepels sout (voeg heel laaste by na smaak)
  • grof gemaalde swartpeper na smaak 

Kook vleis, water en uie tot vleis van bene af val sonder enige sout.
‘n Stoompot is die beste en vinngste maar jy kan dit op die stoof ook kook in ‘n groot pot.
Hou al die water waarin die vleis en uie gekook is.
Verwyder vleis en ontbeen en hou eenkant.
Voeg die boontjies en die water waarin dit geweek is, in die pot en kook tot dit met vingers pap gedruk kan word. (Jy kan ook stoompot gebruik).
Dit neem ongeveer so 15 min vandat dit begin stoom het, of ongeveer 3 ure as jy dit op die stoof kook.
Sit die vleis en bone met al die water waarin alles gekook het in ‘n groot pot en bring tot kookpunt. Draai die plaat lekker laag.
Meng al die ander bestanddele (nie die sout nie) saam en voeg bietjie vir bietjie by die boontjies en vleis terwyl jy heel tyd roer, want dit brand nou baie maklik aan.
Kook vir 5 min, toets vir sout en indien nodig voeg sout by na smaak en haal van warm plaat af.

Nota:
Ek het gevind dat die 2 eetlepels sout genoeg en reg was.
Bedien saam met ‘n lekker broodjie.
Kan gevries word in porsie groottes tot 5 maande.

Resep: Ilsemyn en aangepas deur Shaunay Strydom
Foto: Shaunay Strydom

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page