BOONTJIES- EN STAMPMIELIESOP
Resep en foto: Lorraine Weitz Brand
My man was lus vir boontjie- en stampmieliesop. Dit is bibberend koud by ons vandag. Hier is my resep. Aangepas van my gewone boontjiesop.
- 300 g suikerboontjies
- 200 g stampmielies
- 3 liter kookwater
- 250 g beesskenkelvleis met bene
- 250 g skaapskenkels of stowevleis
- 1 groot ui
- 1 blokkie biefekstrak
- 1 blikkie tamatiepasta
- 25 ml bruinsouspoeier (Bisto)
- 10 ml Worcestersous
- sout en peper
- Week die boontjies en stampmielies oornag.
- Gebruik 2 liter water en kook tot sag.
- Voeg die res van die water by asook die vleis en biefekstrak.
- Kook totdat die vleis, bone en mielies baie sag is.
- Voor opdiening meng die tamatiepasta, bruinsouspoeier, Worcestersous, sout en peper in ‘n bekertjie en voeg by sopmengsel.
- Kook vir nog 15 minute.
Dien op met vars rolletjies, vetkoek of vars tuisgebakte brood.
Geniet!
Category:












