Your Recipe Blog

BOONTJIEBREDIE IN DIE ELEKTRIESE STOOMPOT

Recipe by
| Servings: 6 porsies

BOONTJIEBREDIE IN DIE ELEKTRIESE STOOMPOT

Mens kan dit op die stoof ook maak met groot sukses.

  • 800 g kookvleis (ek het skaap nek en skenkels gebruik)
  • 6 aartappels, geskil en blokkies gesny
  • 500 g “lui huisvrou” boontjies, opgesny
  • 1 ui, opgesny
  • 1 opgehoopte teelepel vars knoffel
  • sout en peper na smaak
  • gemengde kruie na smaak
  • “steak and chops” speserye
  • 1 eetlepel Worcestershire sous
  • ½ koppie “Mrs Balls” blatjang
  • ¼ koppie suiker
  • 1 pakkie “Minestone” soppoeier
  • 2 eetlepels Maizena
  • 1 koppie water om die Maizena en soppoeier aan te maak

Stel jou stoompot op die braai (sauté) funksie. Voeg ‘n klein bietjie olie onder in die pot en plaas die uie en vars knoffel in die pot. Braai uie tot gaar.
Voeg die vleis, speserye, Worcestershire sous, suiker, blatjang en water by en kook vir so ±20 minute met die deksel liggies op, nie geseël nie.
Voeg die aartappel blokkies en die boontjies by en kook verder tot die aartappels amper heel gaar is. Meng die Maizena en soppoeier met die water en voeg by die bredie.
Kook tot die bredie se sous verdik.
Bedien met rys en ‘n lekker vars slaai.

Nota:
Die hele kook proses word op die braai (sauté) funksie gedoen met die deksel net liggie op die pot, nie toegemaak sodat die pot druk opbou nie.

Resep en Foto: Letitia Henstock

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5