BONZAI VETKOEKIES
Julle ek en vroulief het ons vanaand self oortref met hierdie bonzai vetkoekies.
Ons het die algemene wendeeg gebruik en gholfbalgrootte koekies gemaak en in my rooi pannetjie met vlakolie gebak. Dit was lekker krisp buite om en mooi deurgaar in die binnekant.
Ons het net die helfte van die deeg gebruik en die ander gebêre in die koelkas in ‘n plastiek sakkie vir later se gebruik.
- 5 koppies koekmeel
- 400 ml lou water
- 1 teelepel sout
- 2 eetlepels suiker
- 2 eetlepels olie
- 1 sakkie gis (10 g)
- olie vir diep braai
Sif alle droë bestanddele en voeg die 2 eetlepels olie by die water.
Meng die water, olie en meel tot ‘n elastiese sagte deeg. Knie sommer lekker.
Maak toe in die knie skottel en laat rys vir ongeveer 1 uur.
Knie af en maak bolle, pak op ‘n gesmeerder bakplaat en laat rys weer ‘n paar minute.
Tel versigtig op en braai in vlak olie tot gaar.
Bak die balletjies vir omtrent 4 min aan ‘n kant tot mooi goudbruin en gaar in warm olie.
Resep geplaas deur Gideon Louw
Foto: Gideon Louw