Your Recipe Blog

BOKKOM BROODJIE

Avatar photo
Recipe by
Cook: 30 - 40 min

BOKKOM BROODJIE

Vroulief het vir ons ‘n bokkom broodjie gebak en ek het sy kop en stert aangesit!

  • 3 bokkoms, fyn gesny
  • Sif saam:
  • 4 x 250 ml koekmeelblom
  • 3 ml sout
  • 10 g droë kitsgis
  • 1 eetlepel suiker
  • Voeg daarby:
  • 400 ml lou water
  • 2 eetlepels kookolie

Meng tot dit ‘n sagte deeg vorm. Knie tot glad en laat rus vir ongeveer ‘n halfuur in ‘n warm plek; ek doen dit sommer in die lou oond.
Knie die deeg af en voeg fyngesnyde bokkompies by en werk dit goed deur die deeg.
Plaas deeg in voorbereide broodpan en laat weer rys in die lou oond vir ‘n halfuur.
Bak die brood in ‘n voorverhitte oond by 180°C vir 30 tot 40 minute.

Foto en resep: Gideon Louw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5