BOETIEKIE SE BRAAIBROODJIES MET ‘N TWIST
- 6 panini broodjies
- 1 houertjie roomkaas (grasuie)
- 1 houer gekarameliseerde uie (Woolworths)
- chedder kaas, gerasper
- tamaties, in skyfies gesny
- uie, in skywe gesny
- botter
Sny die panini broodjie oop, smeer die botter albei kante mildelik op, anders kan die broodjie droog wees.
Smeer roomkaas mildelik op.
Plaas die tamaties op die roomkaas.
Plaas nou die gerasperde kaas en gesnyde uie bo-op die roomkaas.
Skep die gekarameliseerde uie op die ander kant van die broodjie en maak toe.
Verkoel in yskas vir 15 minute.
Braai op matige vuur tot goudbruin.
Resep en foto: Leon Boetiekie Hartman