Your Recipe Blog

BOEREWORSGEREG – RAILWAY STEW

Avatar photo
Recipe by
| Servings: 4 porsies

BOEREWORSGEREG – RAILWAY STEW

  • 4 – 6 stukke boerewors (worsbroodjie grootte)
  • olie vir braai
  • 1 groot ui
  • 1 groen soetrissie
  • 30 ml sterk kerrie, of na smaak
  • 10 ml borrie
  • 5 ml cajun speserye
  • 15 ml appelkooskonfyt of 15 ml bruinsuiker
  • 130 ml sterk blatjang
  • 30 ml Worcestersous
  • 2 knoffelhuisies
  • sout, na smaak
  • 250 g rou macaroni (kan ook met ¼ koppie rys vervang word)
  • 4 groot aartappels, in groterige blokkies gesny
  • 4 gekookte eiers

Sny uie, soetrissie en knoffel in klein blokkies en braai liggies in bietjie olie in ‘n pot, (ek gebruik ‘n plat swartpot) (± 3min), saam met die kerrie, borrie en cajun sperserye.
Skep dit uit en hou eenkant.
Neem die wors en sny in kleiner stukkies (±5 cm) en braai in dieselfde pot tot bruin.
Skep die eerste mengsel terug. Voeg die aartappels, blatjang, worcestersous en appelkooskonfyt of bruinsuiker by. (indien rys verkies word, voeg dit tesame met die aatappels by).
Roer goed deur en voeg net genoeg water by om die res van die bestanddele in te kan prut tot aartappels en rys gaar is.
Voeg die macaroni by wanneer die aartappels amper gaar is, sodat dit nie pap kook nie. (indien rys nie gebruik word nie).
Kook tot die macaroni gaar is en die sous redelik weg gekook het, maar nie droog nie.
Voeg sout na smaak by.
Voor opdiening, roer die pot deur, en sny die gekookte eiers in die helfte.
Bedien hierdie “stew” met die gekookte eiers, (wat van die “stew” sousie oor het) saam met roosterbrood of ‘n lekker slaai.

Resep geplaas deur Elaine Schoeman
Foto: Adam Cloete

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page