BOEREWORS PAELLA
Foto en resep geplaas deur Adam Cloete
Ek het gisteraand hierdie resep van Johan van Lelyveld gedoen. Kan dit aanbeveel, want dis heerlik.
- 800 g goeie boerewors, duim grootte gesny*
- 1 groot ui, ringe gesny
- 1 rooi soetrissie, repe gesny
- 1 groen soetrissie, repe gesny
- 1 geel soetrissie, repe gesny
- 6 knoffelhuisies, gekneus
- 1 pakkie sampioene, grof opgekap
- 1 teelepel tiemie
- 1 koppie witrys
- 1 ½ koppie aftreksel, van jou keuse
- ½ koppie soet sjerrie
- 2 eetlepels tamatiepaste
- sout en varsgemaalde swartpeper
- 1 klein blikkie ertjies
- ½ koppie olie vir braai
- In ‘n lekker diep kleeflose braaipan (* een wat deksel het) giet olie in en maak pan lekker warm.
- Plaas die wors stukke in pan en braai tot mooi goudbruin.
- Sit die tiemie, uie en soetrissies, knoffel en sampioene by en roerbraai alles saam oor ‘n medium hitte tot alles begin braai kleur kry.
- Roer tamatiepaste deur die mengsel, voeg die rys, aftreksel en sjerrie by. Sout en peper na smaak.
- Verlaag die hitte, sit deksel op en prut tot rys sag en vloeistof verdamp het.
- Roer gedreineerde blikkie ertjies deur, bedien dadelik.
* Hou die boerewors in vrieskas vir 25 min voor jy dit in stukke opsny, dit help net dat jy dit mooi stukke kan afsny sonder om die dermpie in flarde te sny.












