Your Recipe Blog

BOEREWORS MET ‘N KRUIEKORS

Avatar photo
Recipe by
Cook: 20 min

BOEREWORS MET ‘N KRUIEKORS

  • 800 g dun boerewors
  • 2 uie, opgekerf
  • 2 tamaties, ontvel en in blokkies gesny (ek gebruik sommer tamaties in ‘n blikkie)
  • 1 blik groentesop
  • 60 ml water
  • sout en peper na smaak
  • 30 ml suiker
  • Bolaag:
  • 180 ml bruismeel
  • 90 ml mieliemeel
  • 5 ml gedroogde kruie
  • 1 eier
  • 160 ml melk
  • 15 ml olie

Voorverhit die oond tot 180°C. Braai die wors in ‘n pan. (Nie gaar nie net bruin)
Sny dit in 5 cm stukkies en pak in ‘n oondvaste bak.
Sorteer die uie in ‘n bietjie olie tot sag.
Voeg die tamatie, sop, water en suiker by.
Geur met sout en peper.
Bring die mengsel tot kookpunt.
Giet bo-oor die wors in die bak.
Meng die bruismeel, mieliemeel en kruie saam.
Klits eier, melk en olie, voeg by die meelmengsel en meng goed.
Skep bo-oor die wors en versprei eweredig.
Bak ongeveer 20 minute tot goudbruin bo-op.

Resep en foto: Amanda Austen

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page