Your Recipe Blog

BOEREWORS FRIKKADELLE MET KAAS

BOEREWORS FRIKKADELLE MET KAAS

  • ± 1 ½ kg boereworsvleis, klaar gegeur (daai vleisie wat altyd oorbly)
  • 1 medium ui, in blokkies gesny
  • 1 teelepel growwe swart peper, ekstra
  • 1 eetlepel koekmeel
  • 1 rou eier
  • 75 ml olyfolie
  • 150 g kaas, gerasper

Meng alles saam en maak sulke krieketbal grootte frikkadelle.
Smeer ‘n bak met olyfolie, en pak die frikkadelle daarin.
Bak teen 150°C vir 30 tot 45 minute.
Wanneer hulle uit die oond kom, giet so 150 ml vars room bo-oor die frikkadelle.
Bedien met rys of “mash Potatoes”.

Resep en foto: Stefaans Blaauw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5