BOEREWORS EN RYSGEBAK
Ek het hierdie resep op facebook gesien, en dit het so lekker gelyk dat ek dit net moes maak – met my eie aanpassings. Baie lekker op ‘n koue, reënerige aand saam met slaai of groente. Alles in een bak, so min skottelgoed ook!
- 2 koppies rou rys
- 500 g boerewors, in stukkies gesny
- 200 g spek, gekap
- 1 pakkie bruin uiesoppoeier
- 1 liter water
- 1 blikkie sampioene, gedreineer
- 250 ml melk
- 100 ml room
- 1 pakkie sampioen soppoeier
- 250 ml gerasperde kaas
Plaas die rou rys in ‘n gesmeerde oondbak. Pak wors bo-op, en sprinkel spek bo-oor.
Maak uiesoppoeier aan met water, en giet bo-oor.
Bak toe by 180°C vir 1 uur, of totdat die rys amper gaar is.
Meng die melk, room en sampioen soppoeier saam en giet bo-oor.
Sprinkel kaas oor, en bak toe vir nog 35 minute.
Laat staan vir 5 – 10 minute en bedien met slaai of groente.
Resep geplaas deur Ilze Garbers Jacobs
Foto: Ilze Garbers Jacobs