Your Recipe Blog

BOEREWORS EN KEKERERTJIE QUICHE

Avatar photo
Recipe by
Cook: 35 min

BOEREWORS EN KEKERERTJIE QUICHE

Resep aanpassing: Adrian Olivier
Foto: Adam Cloete
Resep aangepas uit ‘n resep in die Ostrich Meat Recipe Book.

  • Vulsel:
  • 300 g boerewors
  • 1 groot eetlepel botter
  • 1 medium grootte fyngekapte ui
  • 1 fyngemaakte knoffeltoontjie
  • 340 g blikkie kekerertjies, gedreineer
  • 2 groot eiers, liggies geklits
  • 250 ml jogurt (of room)
  • ¾ koppie gekrummelde Fetakaas
  • 125 g gladde maaskaas
  • sout en peper na smaak
  • ‘n handvol Cheddarkaas om bo-oor te strooi
  • Kors:
  • 250 g gewone koekmeel
  • 100 g botter, in klein stukkies gesny
  • 1 eiergeel, liggies geklits in 30 ml koue water
  • Vir die kors:
  • Plaas die meel in ‘n mengbak, voeg die botter by en vryf dit in die meel in met jou vingerpunte tot dit soos broodkrummels lyk. Meng die geklitste eiergeel / water mengsel in met ‘n rondepunt mes tot dit ‘n sagte deeg vorm.
  • Haal dit uit op ‘n oppervlakte wat liggies met meel bestrooi is en knie dit vinnig en lig tot ‘n gladde bal. Probeer om die deeg so min moontlik met jou hande te hanteer. Draai dit toe in kleefplastiek en laat vir ten minste 30 minute in die yskas afkoel.
  • Vir die vulsel:
  • Smelt die botter oor medium hitte en braai die ui tot sag. Voeg die knoffel en kekerertjies by en roer-braai vir 2 minute. Geur met sout en peper, verwyder van die pan en en hou eenkant.
  • Sny die wors in stukkies en braai dit in dieselfde pan tot gaar. Meng dit met die chickpea mengsel, maar hou ‘n paar groter stukkies eenkant.
  • Klits die eiers en room saam, en roer die Feta en Maaskaas by. Geur met sout en peper. Giet die eiermengsel nou by die wors en kekerertjies mengsel en roer goed deurmekaar.
  • Rol die deeg liggies uit en voer ‘n 30 cm quiche bak of pan daar mee uit. (Blind bak is nie nodig nie).
  • Skep die mengsel in die uitgevoerde bak en rangskik die res van die stukkies wors bo-op. Bestrooi liggies met gerasperde kaas en bak vir 35 minute by 180ºC of tot opgepof en gestol en goudbruin.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page