BOERE BURGERS
Al die hoeveelhede vir hierdie heerlike boere burgers is volgens die hoeveelheid burgers wat jy wil voorberei.
- stywe pap
- kaas
- gaar hamburger patties
- gekarameliseerde uie
- tamatie skywe
- fyn biltong
- olyf olie
- mayonnaise
Maak stywe pap en druk dit dik in ‘n vierkantig pan uit en laat afkoel tot styf.
Sny sirkels uit die pap, 2 sirkels per burger.
Sit een papsirkel op die opdien bord, plaas bietjie kaas, burger pattie, gekarameliseerde uie en dan tamatie bo-op.
Sit die laaste sirkel pap bo-op.
Drup bietjie olyf olie oor die boonste papsirkel en smeer met mayonnaise
Strooi lekker met fyn biltong.
Bedien en geniet.
Resep en foto: Jane Lerm