Your Recipe Blog

BOERE ANYSBESKUIT

Recipe by
Cook: +- 1 uur | Servings: -+ 120 bolle

BOERE ANYS BESKUIT

Hierdie resep kan met gemak halveer word vir die hoeveelheid panne op die foto.

  • 27 koppies koekmeel, gesif
  • 50 ml sout
  • 2 pakkies kitsgis (10 g pakkies)
  • 3 eetlepels rondvol anys
  • 150 g volvet margarien
  • 400 ml melk
  • 1 ½ koppie suiker
  • ½ blik kondensmelk
  • 25 ml suurlemoensap
  • 3 jumbo eiers
  • louwarm water om deeg te vorm
  • holsum vet en kookolie, gemeng tot smeerbare vet

Meng die droë bestanddele en plaas eenkant.
In ‘n medium kastrol verhit die margarien, melk en suiker saam tot kookpunt, sodra dit kook, voeg die kondensmelk en suurlemoensap by.
(Ek doen dit gewoonlik die vorige dag, want dit moet ‘n louwarm mengsel wees)
Om te knie, klits die eiers (het al x-large ook gebruik) by die melkmengsel in en voeg dit by die meelmengsel.
Voeg net genoeg louwarm water by die mengsel om ‘n hanteerbare deeg te vorm en knie die deeg totdat ‘n brood deeg vorm.(totdat die deeg los kom van jou hande en die kante van die skottel)
Bedek die deeg deeglik en laat staan totdat dit goed gerys het.
Sonder om af te knie, rol die deeg in ewe groot bolle.(ongeveel 120 bolle)
Smeer die vet en olie mengsel tussen die rye bolle soos jy die pan vol pak. (ek smelt Holsum en meng met bietjie kookolie tot ‘n sagte vet)
Laat staan om te rys tot die panne mooi vol is.
Bak in voorverhitte oond by 150°C vir 1 uur of tot gaar.
Breek die beskuit oop, pak op bakplate en droog oornag uit by 100°C met oonddeur effens oop.
Ek hoop dit is duidelik genoeg.

Nota:
Vir boerbeskuit, laat die anys uit.
Indien so verkies, kan die suiker vermeeder word.
Die deeg moet stadig rys, moenie op té warm plek laat rys nie.

Resep en foto: Denis en Liefie Meyer

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page