BOERE ALFREDO
- 500 g boerewors
- 1 pakkie sampioene
- 2 uie
- 1 groen soetrissie
- 50 g botter
- 2 teelepel knoffel
- 2 teelepel gemengde kruie
- 2 teelepel paprika
- ½ teelepel rooipeper
- 1 koppie melk
- 1 koppie room
- 2 teelepel Maizena
- Spaghetti / Linguine / Tagliatelli pasta
Verwyder die vel van die wors en braai in groterige stukke tot bruin. Sit eenkant.
In dieselfde pan braai die uie en groen soetrissie in die botter. Voeg die knoffel en gemengde kruie by. Braai tot sag en deursigtig. Voeg die sampioene, paprika en rooipeper by en braai tot sag.
Klits die maizena, melk en room saam. Voeg die wors terug by die uiemengsel en roer deur tot warm.
Voeg die roommengsel by en kook vir ‘n verdere 5 tot 10 minute.
Bedien saam met pasta.
Resep en foto: Nadia Swanepoel