BOERBONE BREDIE
- 1 kg boerbone
- 1 kg vleis (van jou keuse, ek het vark gebruik)
- 3 aartappels
- 1 ui, opgekap
- 2 eetlepels Bisto
- 1 teelepel bruinsuiker
- sout en peper
Kook bone in skoon water sonder sout net tot dit begin sag voel, maar nie heeltemal nie. Water af en sit eenkant.
In ‘n kastrol, braai die ui tot goudbruin in olyf olie.
Sny vleis in blokkies en voeg by die ui. Braai tot bruin.
Voeg ‘n halwe koppie water by die vleis en kook tot sag (voeg elke keer bietjie water by vleis wanner dit begin braai).
Skil aartapples sny in blokkies los in water.
Voeg bone by die vleis en voeg weer bietjie water by. Kook vir 10 tot 15 minute tot bone en vleis lekker sag is. Voeg nou die aartappels by en kook tot amper sag.
Voeg sout en peper na smaak by en roer deur (sorg dat daar altyd bietjie water in pot is).
Maak Bisto aan met bietjie warm water.
Voeg die suiker by in die pot en roer deur. Voeg aangemaakte Bisto by en laat lekker deur prut op lae hitte. Proe of daar genoeg sout en peper in is en pas aan indien nodig.
(bone vra altyd klomp peper).
Sit voor met rys en lekker beet.
Foto en resep: Bradley Davids