Your Recipe Blog

BOERBESKUIT

Avatar photo
Recipe by
Cook: 1 uur

BOERBESKUIT

  • 6 koppies koekmeel (gewone koffie beker)
  • 2 teelepels sout
  • 2 pakkies gis (ek gebruik die pers een)
  • 2 eetlepels suiker
  • 100 g margarien

Smeer panne van eie keuse met botter of spuit met kleefwerende sproei en plaas eenkant.
Meng die sout met die koekmeel in ‘n mengbak of skottel en maak ‘n holte in die middel van die meel.
Voeg die gis en suiker in die holte en giet ‘n bietjie louwarm water by die gis en suiker.
Wag ‘n paar minute vir die gis om te ontwikkel voor jy begin knie.
Ek voeg 100 g margarien by en knie dit saam met die deeg.
Voeg bietjies, bietjies water by terwyl aanmekaar knie tot al die droë meel deurgeknie is.
Maak jou hande nat met die water en knie die deeg goed deur tot dit elasties is.
Wanneer jy op die deeg druk met die duim moet die deeg terug bons, dan is dit reg.
Rol die deeg bolletjies, pak die bolletjies in die voorbereide panne.
Plaas eenkant op ‘n warm plek om te rys tot die deeg net bokant die pan se rand is.
Plaas die panne in ‘n louwarm oond van ongeveer 40ºC.
Wanneer die deeg genoeg gerys het, stel die oondtemperatuur na 150°C en bak die beskuit vir ongeveer ‘n uur of tot mooi bruin en gaar.
Keer die beskuit uit die panne en laat dit effens afkoel.
Sny of breek die beskuit soos verkies en droog dit uit in ‘n louwarm oond, of geniet net so vars.

Resep en foto: Paula Bester

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page