BOERBESKUIT MET FYN AARTAPPELS
- 1½ kg koekmeel
- 7½ ml sout
- 2 pakkies kitsgis
- 250 ml suiker
- 125 g Stork margarien
- 2 x 250 ml melk
- 250 ml gaar fyn gemaakte aartappels (mash)
- 2 ektra-groot eiers, geklits
- ongeveer 250 ml louwarm water
- Opsioneel:
- 45 ml anyssaad
- Smeersel:
- 100 ml melk
- 45 ml suiker
Voorverhit oond tot 180 ºC.
Smeer 2 groot broodpanne goed met botter of kos sproei (spray a cook).
Sif koekmeel en sout saam.
Strooi kitsgis oor en meng deur. (As jy anys beskuit wil maak, voeg die saad by in die staduim)
Meng suiker,botter en melk in ‘n kastrol.
Verhit tot suiker en botter gesmelt is.
Verwyder van hitte en laat afkoel.
Roer die eiers en aartappels by die melkmengsel in.
Voeg die melkmengsel by die droë bestanddele en meng.
Voeg net genoeg lou water by om ‘n kniebare deeg te vorm.
Knie tot deeg glad en elasties is en nie meer aan jou hande kleef.
Smeer liggies met olie en laat staan vir 15 min lank om te rys.
Knie deeg af, breek stukkies af en vorm balletjies.
Pak in voorbereide panne, bedek en laat rys op warm plek tot dubbel die volume.
Bak in oond 40 tot 60 min. tot gaar.
Maak ‘n melksmeersel van die melk en suiker en smeer oor die beskuit sodra die beskuit uit die oond kom vir blink lagie bo op die beskuit.
Resep en foto: Sarie Greyvenstein