Your Recipe Blog

BOELIEBIEF POFFERTJIES

BOELIEBIEF POFFERTJIES

My persoonlike “chef” is besig om boeliebief poffertjies te maak en dit was baaaaaaie lekker.

  • Vulsel:
  • 1 blikkie boeliebeef (corned beef nie corned meat nie)
  • 1 gerasperde ui
  • bietjie swartpeper na smaak
  • 1 teelepel rissievlokkies
  • 1 eetlepel balsamiese asyn
  • 1 eetlepel Worcestersous
  • Deeg:
  • 25 ml botter, gesmelt
  • 1 eier
  • 75 ml melk
  • 250 ml koekmeel
  • 5 ml bakpoeier
  • 25 ml witsuiker
  • sout na smaak
  • olie vir diepbraai

Plaas die boeliebief in ‘n mengbak en druk dit fyn met ‘n vurk, voeg die ui, peper, rissievlokkies, balsamiese asyn, en Worcestersous by die fyn boeliebief en meng goed deur. Plaas eenkant.
Meng die gesmelte botter, eier en melk saam en plaas eenkant.
Meng die koekmeel, bakpoeier, suiker en sout na smaak saam en voeg die melkmengsel by die koekmeelmengsel en meng goed deur.
Voeg nou die deegmengsel by die boeliebiefmengsel en meng deur.
Verhit olie in ‘n kastrol of diep pan en skep eetlepels vol boeliebiefmengsel in die warm olie en braai tot gaar. (Olie moet nie te warm wees nie, maar ook nie te koud dan trek hulle olie)
Plaas die gaar poffertjies op handoekpapier om te dreineer.

Nota:
Ek het dit saam met blomkool en witsous bedien, maar het dit al voorheen saam met “smash” ook bedien.

Foto en resep: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page