Your Recipe Blog

BOELIEBIEF PASTA

BOELIEBIEF PASTA

  • 3/4 pak pasta gekook volgens aanwysings
  • 2 blikkies boeliebief in blokkies gesny
  • 1 groot ui fyngekap
  • 4 knoffelhuisies fyngekap
  • 1 blik tamatie en uiesmoor
  • 1 pakkie tamatie puree
  • gedroogde Italiaanse kruie
  • sout en peper na smaak
  • 2 eetlepels blatjang
  • 3 eetlepels suiker na smaak
  • 2 geklitste eiers
  • 2 koppies melk
  • 1 pakkie uiesoppoeier
  • genoeg  gerasperde kaas

Braai uie tot ligbruin en voeg die knoffel by.
Meng die blatjang, tamatie, uiesmoor, suiker, tamatie puree en kruie.
Voeg die soumengsel nou by uie en prut vir so 3 minute.
Voeg nou die boeliebief, sout en peper by.
Roer liggies deur en laat prut vir nog 3 minute.
Meng soppoeier en melk, laat dit kook in mikrogolf vir so 2 minute.
Haal sous uit die mikrogolf en klits goed, laat kook weer in mikrogolf vir 1 minuut,  klits weer, dit sal nou medium dikte wees. Laat dit afkoel.
Klits die eiers en meng dit by die uiesoppoeier sous en meng goed.
Baie belangrik: Moenie eiers by die warm sous voeg nie.
Skep die boeliebiefmengsel by die pasta en roer deur.
Skep dit uit in ‘n oondvaste skottel en strooi die gerasperde kaas bo-oor.
Bak in voorverhitte oond by 180ºC vir 25 minute tot mooi goudbruin

Resep en Foto: Ronell Muller Boshoff

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5