BOELIEBIEF MUFFINS
- 5 eiers
- ½ koppie melk
- 75 ml olie
- 200 ml koekmeel
- 10 ml bakpoeier
- 1 ml sout
- 1 blik soutvleis, fyn gedruk
- 1 koppie gerasperde kaas
- 5 ml fyn uie
Kook 2 van die eiers hard en rasper fyn.
Klits 1 van die eiers saam met die melk en olie tot goed gemeng.
Sif meel, bakpoeier en sout in melkmengsel en meng goed.
Skep deeg in gespuite muffin pan.
Meng laaste 2 eiers, uie, soutvleis, gerasperde eier saam en skep vulsel bo-op die deeg.
Strooi kaas oor.
Bak 180 ºC vir 15 – 20 min.
Foto Roni van der Walt