BOELIEBIEF KOEKIES MET FYN AARTAPPELS
Vroulief het haarself oortref met hierdie djeeeeeerlike boeliebief poffertjies. Dit is heerlik krakig en die slaai het baie lekker daarmee saamgeval.
- Beslag:
- 1 koppie koekmeel
- 1 teelepel bakpoeier
- 1 knippie sout
- 1 eetlepel suiker
- 1 eier
- 1 eetlepel botter, gesmelt
- ± 1 koppie melk
Voeg die eier by die gesmelte botter en klits.
Meng die meel, sout, suiker en bakpoeier in ‘n mengbak.
Voeg nou die eier en bottermengsel by en ook die melk, meng goed met ‘n ballonklitser.
- 1 blikkie boeliebief
- ½ ui, fyn gesny
- 1 teelepel mosterdpoeier
- 1 teelepel rissievlokkies
- 1 teelepel “Italian herbs”
- 1 teelepel knoffelvlokkies
- 1 knippie witpeper
- 1 gaar aartappel, fyngemaak
- olie om in te bak
Meng al hierdie bestanddele en voeg dit by die beslag.
Skep lepelsvol in warm olie en bak tot goudbruin aan beide kante.
Hmmmm!
Resep: Rinie Louw
Foto: Gideon Louw