Your Recipe Blog

BOELIEBIEF EN TOEBROODJIESMEER SOUTTERT

Cook: ± 40 minute | Servings: 10 - 12 snytjies

BOELIEBIEF- EN TOEBROODJIESMEER SOUTTERT

Ek soek al lank na ‘n souttertresep wat sandwich spread as bestanddeel het. Het soos menige voor my nagelaat om my oorlede mammie se resep neer te skryf, tot my innige spyt. Verlede week kry ek toe hierdie resepriglyn en het hom toe gewysig na my gedagte. Die resultaat was smaaklik gewees.

  • Kors:
  • 125 g margarien
  • ¼ koppie koekmeel
  • ½ teelepel sout
  • Vulsel:
  • 1 blikkie boeliebief, fyngedruk
  • 1 blikkie weense worsies in pekelwater, gedreineer en fyngedruk
  • 3 eetlepels toebroodjiesmeer (sandwich spread)
  • 2 eetlepels mayonnaise
  • 1 klein ui, fyngekap
  • 1 koppie gerasperde Cheddarkaas
  • 3 eiers
  • 1 koppie room
  • ½ koppie melk
  • sout en pepper na smaak

Meng al die kors bestanddele deeglik saam en druk die kors op die bodem en sykante van ‘n 26 cm ronde tertbak vas. Strooi bietjie Aromat oor die kors.
Voorverhit die oond tot 180 ºC. Meng die boeliebief, worsies, toebroodjiesmeer, mayonnaise en gekapte ui saam en smeer dit oor die kors. Strooi die gerasperde kaas bo-oor en druk die kaas effens vas.
Klits die eiers, room en melk deeglik saam en giet dit stadig oor die tert.
Bak die tert vir ongeveer 40 minute of tot die vulsel gestol is.

Resep en fotos: Elma Brittz-Venter

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page