Your Recipe Blog

BOELIEBIEF-BOBOTIE

Recipe by
Cook: 45 mins | Servings: 6-8 portions

BOELIEBIEF-BOBOTIE

Resep en foto : Amanda Austen

  • 1 medium ui, gekap
  • 1 knoffelhuisie, fyn gesny
  • 1 groen soetrissie, ontkern en in klein blokkies gesny
  • 30 ml olie
  • 15 ml kerriepoeier
  • 5  ml borrie
  • 50 ml vrugteblatjang
  • 30 ml druiweasyn
  • 3 piesangs, in klein blokkies gesny
  • 2 blikke boeliebief, fyngedruk
  • Bolaag:
  • 125 ml melk
  • 2 eiers, geklits
  • knippie borrie
  • knippie kerriepoeier
  • Voorverhit die oond tot 180°C en bespuit ‘n oondvaste bak van 23 cm met kleefwerende kossproei.
  • Roerbraai die ui, knoffel en soetrissie in verhitte olie tot sag en glasig.
  • Voeg die kerrie en borrie by, braai nog ‘n minuut lank.
  • Voeg dan die res van die bestandele by, buiten die vir die bo-laag.
  • Meng deur en skep in die oondvaste bak. Maak die bokant gelyk.
  • Klits die bestanddele vir die bolaag saam en giet oor die vleismengsel.
  • Bak ongeveer 25 min lank tot die bolaag gestol en goudbruin is.

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page