Your Recipe Blog

BOELIEBIEF-BOBOTIE

Recipe by
Cook: 45 mins | Servings: 6-8 portions

BOELIEBIEF-BOBOTIE

  • 1 medium ui, gekap
  • 1 knoffelhuisie, fyn gesny
  • 1 groen soetrissie, ontkern en in klein blokkies gesny
  • 30 ml olie
  • 15 ml kerriepoeier
  • 5  ml borrie
  • 50 ml vrugteblatjang
  • 30 ml druiweasyn
  • 3 piesangs, in klein blokkies gesny
  • 2 blikke boeliebief, fyngedruk
  • Bolaag:
  • 125 ml melk
  • 2 eiers, geklits
  • knippie borrie
  • knippie kerriepoeier

Voorverhit die oond tot 180°C en bespuit ‘n oondvaste bak van 23 cm met kleefwerende kossproei.
Roerbraai die ui, knoffel en soetrissie in verhitte olie tot sag en glasig.
Voeg die kerrie en borrie by, braai nog ‘n minuut lank.
Voeg dan die res van die bestandele by, buiten die vir die bo-laag.
Meng deur en skep in die oondvaste bak. Maak die bokant gelyk.
Klits die bestanddele vir die bolaag saam en giet oor die vleismengsel.
Bak ongeveer 25 min lank tot die bolaag gestol en goudbruin is.

Resep en foto : Amanda Austen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page